Skole kry óf nie hul boeke, óf dis nie in regte taal

2011-02-04 09:05
Tweets Share Share line Print

Beeld

Johannesburg - Die beloofde werkboeke vir gr. 1 tot gr. 6 in geletterdheid en gesyferdheid wat 19 000 laerskole begin vanjaar sou kry, het tientalle skole steeds nie bereik nie.

Waar die werkboeke, wat teen ’n koste van bykans R300 miljoen ontwikkel, gedruk en versprei moes word, skole wel bereik het, is dit in die verkeerde taal of te min.

In ’n peiling wat Beeld die afgelope twee dae by etlike skole in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes gedoen het, het dit geblyk baie skole het nog geen boeke gekry nie.

Boduma Primary naby Polo-kwane het net werkboeke vir gr. 0 gekry, terwyl ’n skool soos Skhosana Primary naby Louis Trichardt niks gekry het nie.

In Noordwes het die B.F. Morake Primary School naby Rustenburg net gesyferdheidboeke vir gr. 0 en gr. 5 gekry, terwyl dit ook te min is. Die ander grade het niks gekry nie.

Die Bakang Selebo Primary School en D.P. Kgotleng Primary in Mafikeng het geen boeke gekry nie, en Keotshepile Primary naby Potchefstroom net gesyferdheidboeke vir gr. 5.

In Mpumalanga het Phakani Primary naby Nelspruit net boeke vir gr. 0 tot gr. 3 gekry. Ndlemane Primary naby Malalane het net werkboeke vir gr. 3 in gesyferdheid gekry. Marambane Primary naby Lydenburg het of net geletterdheid- of net gesyferdheidwerkboeke gekry, maar ook te min vir sommige grade.

Gr. 6-leerlinge het niks gekry nie.

Matsamo Primary het geletterdheidboeke vir gr. 1 tot gr. 3 gekry en gesyferdheidboeke vir gr. 4 en gr. 5. Niks vir gr. 6 nie.

In Gauteng het heelparty skole ook nie die regte boeke gekry nie. Die Vumbeni Primary School in Katlehong het Afrikaanse boeke gekry, terwyl die Siphumelele School nog op boeke wag.

Die Baxoxele Primary School in Soshanguve, noord van Pretoria, het geletterdheidboeke vir gr. 1 en gr. 3, gesyferdheid vir gr. 1, gr. 2, gr. 3 en gr. 5 en niks vir gr. 4 en gr. 6 nie. By die Redibone School, ook in Soshanguve, het die meerderheid leerlinge nie boeke gekry nie.

By die A.B. Xuma Primary School in Soweto het net gr. 1 tot gr. 3 boeke gekry.

Die probleme is Donderdag bevestig deur ’n brief wat die onderwysdepartement aan skole gestuur het nadat dit onder sy aandag gekom het te min boeke is by van die skole afgelewer.

Die departement het gesê die werkboeke moet as bykomende ondersteuningsmateriaal gebruik word omdat dit nie veronderstel is om sentraal in die onderwyser se beplanning of onderrig te staan nie.

Die boeke moet ook geensins handboeke of skrifte in die klas vervang nie.

Die departement het by navraag gesê 80% van boeke is afgelewer. Vloede het aflewering in sommige provinsies vertraag en laat registrasie van leerlinge het dit moeilik gemaak om die regte hoeveelhede af te lewer.

Die departement meen alle skole sal einde volgende week hul boeke hê en hulle behoort die oefeninge voor die einde van die tweede termyn te voltooi.

Lees meer oor: skole  |  opvoeding

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.