Skoksyfers oor MIV en vigs in skole bekend

2010-02-17 08:31
Tweets Share Share line Print

Alet Rademeyer

Pretoria - Sowat 1,8 miljoen skoliere en 51 745 onderwysers het MIV/vigs.

Dié skoksyfers is Dinsdag op ’n werksessie van die Afrikaner Burgerlike Netwerk (ABN) hier bekend gemaak.

Die ABN beplan moontlike toekomsscenario’s vir die land na aanleiding van die Dinokeng-scenario’s wat in Junie gepubliseer is.

Die hoofprobleem is toe uitgewys as ’n kombinasie van ’n on­doel­treffende staat en onbetrokke burgerlike samelewing.

Die ABN verteenwoordig ’n wye verskeidenheid Afrikaanse organisasies.

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, het met verwysing na gehalte, kundigheid en vaardigheid in die onderwysstelsel, gesê wanneer oor toekomsbeplanning gepraat word, kan die impak van MIV/vigs nie buite rekening gelaat word nie.

Klopper het gesê die jongste statistieke wys sowat 13,9% van die onderwyserskorps het MIV/vigs. Dit verteenwoordig 51 745 uit ’n totaal van 372 000 onderwysers.

Die infeksie onder leerlinge is tussen 1% en 1,5% hoër as onder onderwysers, wat beteken 1,8 miljoen uit die 12 401 217 leerlinge het MIV/vigs, het Klopper gesê.

In die hoëronderwyssektor het 7,10% van personeel aan universiteite MIV/vigs, wat neerkom op 7 714 uit die totaal van 108 687.

Uit universiteite se totale akademiese personeel van 41 383 het 1 968 (4,76%) die sindroom, het hy gesê.

Die infeksiekoers onder studente is ook hoër – 91 892 uit sowat 750 000 het MIV/vigs.

Klopper het gesê die ou tegniese kolleges – deesdae kollegesvir verdere onderwys en opleiding (VOO) – het ’n dramatiese inploffing gehad en is geheel en al disfunksioneel.

Die hele bevolking se deelname aan hoër onderwys is sowat 16%. Vir die onderskeie rasgroepe is dit 12% vir swartes en bruines, 43% vir Indiërs en 54% vir wittes.

In 2008 was daar altesame 90 758 wit Afrikaanssprekende studente uit ’n totaal van sowat 799 490 aan universiteite.

Inskrywingsgetalle van wit studente het van 38% in 1995 tot 32% in 2003 afgeneem, en by gewese technikons van 41% in 1995 tot 14% in 2003.

“Suid-Afrika kom ten opsigte van tegnici voor ’n krisis te staan.”

Klopper het ook gesê verlede jaar was daar 19 189 nagraadse onderwysstudente aan tradisioneel Afrikaanse universiteite.

Van hulle was net 3 274 Afrikaans en 15 915 was Engels.

- Die Burger

Lees meer oor: vigs

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

jj.walt1 sê... Die perlemoen word een keer per jaar (ek dink) op veiling gesit en aan ide hoogte bieder verkoop. DIt is natuurlik 'n heerlike slenter vir die smokkelaars om 'n wettige uitvoerpermit te verkry - koop 1 ton - smokkel 10 uit... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Electrical Engineer (Mining)

Pretoria
EOH Recruitment Solutions
R650000 - R750000

Executive: Trading and Relationship Management

Johannesburg, South Africa
Strategy Recruitment Marketing
Market Related

Mid Level PHP Developer

Johannesburg, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 77kW 5-dr MY10
2010
R 165,000.00

FORD

Bantam 1.6i XLE PU MY09
2009
R 134,900.00

FORD

Ikon 1.3i L
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.