Skokkende boek oor plaasaanvalle
2011-08-24 13:18
Kaapstad – Treurgrond, ’n skokkende boek wat hulde bring aan slagoffers van plaasaanvalle in Suid-Afrika, is Woensdag in Pretoria bekend gestel.
Dr. Dirk Hermann, wat die boek saam met maj. Chris van Zyl saamgestel het, sê die boek handel oor plaasaanvalle wat die afgelope 20 jaar plaasgevind het.
Dit vertel die verhaal van 1 363 moorde wat tydens 2 617 aanvalle op plase en kleinhoewes gepleeg het. Dié statistieke is gegrond op voorvalle wat die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) oor dié tydperk aangeteken het.
Volgens Hermann maak die boek nie daarop aanspraak dat elke voorval wat plaasgevind het, daarin opgeteken is nie.
“Ek kry talle oproepe van mense wat bel en vra ‘is ons storie ook daarin geskryf?’ en dan is dit nie. Dít is deel van die hartseer dat plaasmoorde en -aanvalle nie meer aangeteken word nie.”
– Lees meer by Landbou.com
– Volg Nuus24 op Twitter