Skok wag op rykes in Pta en omstreke

2011-04-14 07:20
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Al sal veral die welgesteldes in die Metsweding-streek, oos van Pretoria, aansienlik meer eiendomsbelasting moet opdok, gaan baie ander inwoners van die “nuwe Tshwane” voortaan minder vir munisipale dienste betaal, sê die Tshwane-metroraad.

Inwoners van Cullinan, Rayton en Bronkhorstspruit en sekere Pretoriase woonbuurte, waaronder Silver Lakes en Mooikloof, kan ’n eiendomsbelasting-skok verwag.

Die Metsweding-streek, wat die munisipaliteite No­keng tsa Taemane (Cullinan, Rayton en omstreke) en Kungwini (Bronkhorstspruit en omstreke) insluit, word ná die munisipale verkiesing deel van die “nuwe Tshwane”.

Waar Tshwane, Nokeng en Kungwini tans uiteenlopende heffingstrukture het, sal ’n enkele struktuur van 1 Julie van krag wees.

Volgens ’n berekening van die DA kan inwoners van Nokeng en Kungwini wat ’n residensiële tarief betaal, onderskeidelik 35% en 87% meer eiendomsbelasting betaal.

Dr. Ernie Jacobson, Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir finansies, het gesê baie inwoners van Metsweding sal in die algemeen effens meer moet betaal, terwyl sommige minder aan munisipale dienste sal bestee.

Die beginsel van hoe groter die verbruik, hoe groter die munisipale rekening geld steeds weens Tshwane se glyskaal-tariefstelsel, het hy gesê.

Volgens Jacobson gaan Me­tsweding “geweldige” voordeel uit die samesmelting trek omdat sowat 10% van Tshwane se kapitale begroting in Tshwane se 2011-’12-konsepbegroting vir die streek opsy gesit word.

Jacobson het benadruk dat eiendomsbelasting kragtens die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting gehef word.? “Ongelukkig sal meer gegoede inwoners meer moet betaal,” het hy gesê.

Inwoners in rykmanskomplekse soos Silver Lakes, Mooikloof en Pebble Rock kan van 1 Julie ’n veel hoër rekening vir eiendomsbelasting te wagte wees.

Volgens ’n berekening van Tshwane sal iemand wat in Kungwini of Nokeng in ’n huis ter waarde van R1,5?miljoen woon onderskeidelik R429,82 en R483,17 meer eiendomsbelasting opdok.

’n Gesin wat in Kungwini 500 kWh elektrisiteit per maand gebruik, sal ongeveer R67 minder betaal, terwyl daar vir dieselfde gebruik in Nokeng sowat R10 meer gehef sal word.

In Nokeng sal ’n huishouding wat 40 kF water ’n maand gebruik R74,75 meer betaal en ’n gesin in Kungwini R37,71.

Alle geregistreerde hulpbehoewendes kry 100 kWh elektrisiteit, 12 kF water en 6 kF water vir sanitasiedoeleindes gratis.

Andile Dyakala, waarnemende finansiële bestuurder van Tshwane, het gesê die volhoubaarheid van die nuwe Tshwane, wat ná die samesmelting die grootste munisipaliteit in die land gaan wees, moes in ag geneem word.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: pretoria

Lewer kommentaar op hierdie artikel
44 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.