Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Skok wag op mense wat plekke verhuur

2011-07-15 09:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ’n Eiendomsbelastingskok wag op Suid-Afrikaners wat residensiële eiendomme as beleggings verhuur.

Volgens ’n voorgestelde wysiging van die Wet op Munisipale ­Eiendomsbelasting sal mense wat residensiële eiendomme verhuur voortaan teen ’n veel hoër saketarief aangeslaan word.

Die departement van samewerkende regering het verlede maand ’n wysigingsdokument in die Staatskoerant gepubliseer. Daar kan nog tot 22 Julie daarop kommentaar gelewer word.

Ben Espach, ’n kenner van munisipale eiendomsbelasting wat betrokke was by die opstel van die aanvanklike wet, voorspel die herdefiniëring van residensiële eiendom in die wet gaan ’n beduidende impak op individue hê.

Die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting is in 2004 in die lewe geroep, maar munisipaliteite het dit eers op 1 Julie 2008 in werking gestel.

Volgens die nuwe definisie sal ’n eiendom wat gebruik word om mense “wat nie die eienaar is nie” vir ’n finansiële voordeel te huisves, nie meer as ’n residensiële ­eiendom aangeslaan word nie.

Espach het gesê die wysiging sal beteken dat ’n inwoner wat tans ’n eiendom van R1 miljoen in Pretoria (in die Tshwane-metro) verhuur, se eiendomsbelasting van R622 per maand tot R2015 die hoogte in sal skiet.

In Johannesburg sal dié belasting van R372 tot R1533 styg vir ’n eiendom van dieselfde waarde.

“Dit kan individue erg benadeel. Daar is byvoorbeeld pensioentrekkers wat ’n tweede eiendom as belegging verhuur. Baie mense sal nie meer eiendomme kan verhuur nie.”

Hy meen die wysiging is onder meer gemik op maatskappye wat blokke woonstelle as beleggings besit.

Espach het gesê dit bly ’n ope vraag hoe munisipaliteite gaan vasstel watter eiendomme verhuur word. “In sekere gevalle sal munisipaliteite dié inligting bekom, maar baie ander sal deur die net glip.”

Daar word nie in die wysigingsdokument voorgestel dat inwoners verplig word om die inligting aan munisipaliteite te verskaf nie.

Beheeragente van deeltitelkomplekse en tyddeelskemas word wel nou gedwing om “sekere inligting” aan die munisipale waardeerder te verskaf.

Die definisie van landbougrond word volgens Espach duideliker uiteengesit in die wysigingsdokument.

Daar was verlede jaar groot ongelukkigheid toe talle munisipaliteite hoewe-eienaars deur die bank ’n residensiële heffing vir ­eiendomsbelasting laat opdok het sonder dat daar vasgestel is of landbou-aktiwiteite daarop beoefen word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
79 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jannie Kotze sê... sterkte jy is n generaal Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Edenvale - 18:56 PM
    Road name: N3 Northbound
    Accident before Linksfield Road, queuing traffic through Gilloolys Interchange
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.