'Skok' oor hantering van N3-ongeluk

2010-03-09 11:34
Tweets Share Share line Print

Durban – Dit was skokkend dat bouwerkers forseer was om aan te hou werk nadat hulle kollega deur ‘n vragmotor doodgery is op die N3-hoofweg in Pietermaritzburg, het Cosatu Dinsdag gesê.

Die Congress of SA Trade Unions (Cosatu) het die voorval, waarin ‘n bouwerker Maandagaand deur ‘n vragmotor doodgery is en nog twee kort daarna ook dood is toe twee vragmotors in die res van die werkers ingery het, as “afgryslik” beskryf.

Verskeie ander mense is in die ongeluk beseer.

Die werkers moes na afloop van die tragedie tyd afgekry het om die skok te verwerk, het Zet Luzipho, Cosatu se sekretaris in KwaZulu-Natal, gesê.

“Die tweede ongeluk kon verhoed word. Hoe kan jy mense forseer om aan te hou werk direk nadat hulle kollega reg voor hulle dood is? Hulle was nog getraumatiseer,” het hy gesê.

Luzipho het gesê dat sy vakverbond geskok is oor hoe die werkers behandel is.

Hy het ook gesê dat hy nie weet hoe die kontrakteurs die werkers se lewens in gevaar kan plaas deur hulle in die aand te laat werk nie.

Die ongeluk het plaasgevind toe die bestuurder van die vragmotor, wat plastiekpype vervoer het, beheer oor die voertuig verloor het en ‘n werker getref het. Die man is op die toneel oorlede.

“Die ongeluk het omstreeks middernag plaasgevind. Een baan is noodgedwonge gesluit. Twee ander vragmotors het kort na dié ongeluk in die res van die groep werkers in die geslote baan vasgery.

“Die visvragmotor het van die pad afgegaan en teen die ander vragmotor, wat staal vervoer het, gebots. Die staalvragmotor het toe teen die vragmotor gebots wat plastiekpype vervoer het.”

Die lyke van die ander twee werkers is aan die kant van die pad gevind.

Twee ander werkers is in ‘n kritieke toestand en nog drie werkers is matig tot ernstig beseer, het Jeff Wicks van Netcare 911 gesê.

- Sapa
 

Lees meer oor: ongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.