Skok ná dokter in hospitaal verkrag is

2010-11-01 07:21
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Bloemfontein - Skok, afgryse en woede heers nadat ’n dokter in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein aangeval en verkrag is terwyl sy aan diens was.

Fidel Hadebe, woordvoerder van dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het die voorval aan Volksblad as “barbaars” beskryf.

Die veiligheid by hospitale is vir hom ’n bron van groot kommer.

Die grusame aanval kan ook vandeesweek ’n krisis by die hospitaal veroorsaak, omdat vroulike dokters te bang is om snags hier te werk.

Dokters kla al lank oor die swak veiligheid hier.

Selfs ná die aanval Saterdag vroeg is die veiligheid steeds pateties.

Die 35-jarige dokter, wat in pediatrie spesialiseer en wat baie gelief is onder die kinderpasiënte, was Saterdag omstreeks 02:00 op pad na die neonatale eenheid op die grondvloer toe drie mans haar op ’n donker trap oorval en met ’n baksteen in die gesig geslaan het.

Al drie aanvallers het haar verkrag. Een van hulle is net 16.

Nadat hulle gevlug het, het sy haar weg gebaan na die neonatale eenheid waar ’n studentedokter haar gehelp het om haar man te bel.

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe het ure later drie mans in hegtenis geneem.

Hulle verskyn vandag in die Bloemfonteinse landdroshof.

Verskeie vroulike dokters het aan Volksblad gesê hulle is te bang om saans te werk.

Hulle mag egter nie weier om te werk nie, ongeag die swak veiligheid by die grootste hospitaal in die sentrale streek.

Pelonomi, wat meestal die armstes onder die armes bedien, word vandeesweek geassesseer om sy akkreditasie as opleidingshospitaal te behou of nie.

Volgens die slagoffer se kollegas is sy een van die vriendelikste, bekwaamste en hardwerkendste dokters in pediatrie.

“Sy het haar eie televisiestel en DVD-speler gebring sodat die pa­siëntjies kan TV en DVD’s kyk. Sy is nou betrokke by die kindertjies en het ’n groot liefde vir hulle. Hulle is mal oor haar.”

Volgens hulle skroom sy nooit om vroeër te begin werk nie of lank nadat haar skof geëindig het, aan te hou werk.

“Sy is werklik ’n sagte mens.”

Prof. André Venter, hoof van pediatrie, het Sondag by navraag gesê: “Pediatrie gaan aan. Ons is bewus van die voorval en het gedoen wat ons kon.”

Jabu Mbalula, woordvoerder van die gesondheidsdepartement in die Vrystaat, het erken veiligheid by Pelonomi is swak.

Die departement het sy eie ondersoek na die voorval gedoen en indien nodig, sal stappe teen nalatige personeel gedoen word.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Bloemfontein-Medi-Clinic, het bevestig die dokter is Saterdag hier vir ’n fraktuur aan die wangbeen geopereer en is Sondag ontslaan.

- Volksblad

Lees meer oor: hospitale  |  verkragting

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.