Skoert, Chuene!

2009-09-20 12:14
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Dank Leonard Chuene af.

Dit was gisteraand die ondubbelsinnige eis van mnr. Gert Oosthuizen,
adjunk-minister van sport, aan Atletiek Suid-Afrika (ASA).

“Mnr. Chuene het nie net vir ons gelieg nie, maar vir die hele Suid-Afrika. Dit is onaanvaarbaar,” het Oosthuizen in ’n verklaring gesê.

Dit kom enkele ure nadat Chuene tydens ’n perskonferensie by die Nasionale Persklub in Pretoria erken het dat hy gelieg het oor die kwessie van Caster Semenya se geslagstoetse.

“Ons versoek die lede van die ASA om dissiplinêre stappe te doen teen Chuene . . . as hulle dit nie doen nie loop hulle die gevaar om deur ’n leuenaar gelei te word.”

Chuene het gisteraand by navraag aan Rapport gesê: “Ek kan nie reageer op wat ek nie weet nie – dankie, tot siens.”

Die DA, Cope en die ACDP eis almal Chuene se kop.

Chuene het sedert die Semenya-geslagsdebakel wat losgebars het nadat sy die 800m-titel vir vroue by die Wêreldatletiekkampioenskap in Berlyn gewen het, onder meer:

  • Rasseverdeling in Suid-Afrika aangeblaas deur die vinger na “wit rassiste” en die Suid-Afrikaanse media te wys;
  • Pres. Jacob Zuma en die regering in die verleentheid gestel deur hulle by ’n internasionale skandaal te betrek;
  • Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) teen Suid-Afrika die harnas ingejaag; en
  • Semenya emosioneel getraumatiseer.

Die Semenya-drama – en Chuene se gure aandeel daarin – is gister op die spits gedryf toe Chuene gebieg het: “Ek het gelieg om Caster Semenya te beskerm.”

Maar bedank gaan hy nié, het hy in dieselfde asem gesê.

Chuene het die laaste paar weke ontken hy het geweet Semenya is aan geslagstoetse onderwerp.

Gister het hy egter ’n ander deuntjie gesing nadat e-pos eergister aan die lig gekom het wat bewys hy het wel van die geslagstoetse geweet.

Hy het egter eers gebieg nadat hy hom in vraetyd in leuens toegespin het.

Chuene het die Suid-Afrikaanse publiek onvoorwaardelik om verskoning gevra vir sy leuens.

“Hoewel ek van die toetse geweet het, het ek voortgegaan om die bestaan daarvan te ontken.

“Dit is nie uit kwaadwilligheid gedoen nie en my doel was nooit om die Suid-Afrikaanse publiek te mislei nie.

“Ek het gevoel ek tree in Semenya se belang op en het geglo my voortgesette ontkennings sou help om haar te beskerm.”

Chuene het wel gesê hy vra nié verskoning daarvoor dat hy Semenya toegelaat het om te hardloop of omdat hy probeer het om die saak vertroulik te hou nie. Hy het weer die skuld op die IAAF gepak.

“Kritiese vrae moet aan die ­IAAF gestel word oor hoekom hy nie die korrekte prosedure gevolg het nie en waarom hy sy aksies op ’n enkele mediaberig gegrond het.

Chuene ontken ASA het Semenya geoffer ter wille van ’n medalje. “Hoewel ons enige medalje verwelkom, moet dit nie ten koste van die atlete wees nie.”

- Rapport

Vir meer hieroor, besoek Rapport

Lees meer oor: asa  |  caster semenya  |  iaaf  |  leonard chuene

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.