Skoendief loop sy rieme styf
2010-05-18 12:29
Johannesburg – ‘n Man wat glo probeer het om skoene uit die huis van ‘n metropolisiebeampte in Midrand te steel, is Dinsdag in hegtenis geneem.
Volgens supt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het die 29-jarige beampte omstreeks 04:30 wakker geword en twee verdagtes in haar huis gevind.
Hulle het reeds verskeie pare van haar skoene gevat. “Sy het een van die verdagtes vasgetrek en in hegtenis geneem. Die tweede verdagte het op die vlug geslaan en die skoene agtergelaat,” het Minnaar gesê.
Die beampte, wat alleen woon, is nie in die voorval beseer nie.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.