Skip in die moeilikheid by Oos-Kaap
2010-05-11 20:07
Johannesburg – Twee Suid-Afrikaanse lugmag helikopters en ‘n NSRI-reddingsboot is Dinsdag na die Oos-Kaap se kus gestuur om ‘n ongeïdentifiseerde skip wat in die moeilikheid was te help.
Die skip het glo ‘n rooi noodsein uitgestuur, het Craig Lambinon van die NSRI in ‘n verklaring gesê.
“NSRI Oos-Londen het hul reddingsboot uitgestuur en twee Oryx helikopters van die SA lugmag in Durban is op pad om ondersoek in te stel...” het hy gesê.
Volgens ‘n ooggetuie was die skip besig om in die rigting van Koffiebaai te dryf.
Nog geen kommunikasie kon met die skip bewerkstellig word nie.
Die naam en tipe skip, sowel as wat dit vervoer, kon nog nie vasgestel word nie.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter