Skietery volg op OTM-bomaanval
2012-02-02 22:53
Johannesburg – Tien mense het Donderdag ‘n OTM-bomaanval in Tlhabane naby Rustenburg uitgevoer en met ‘n onbekende hoeveelheid kontant gevlug, het die polisie in Noordwes gesê.
Toe die polisie op die toneel gearriveer het, het die groep op hulle losgebrand, het brig. Thulane Ngubane gesê. Die groep bomaanvallers het toe in ‘n wit Nissan-bakkie gevlug.
Die bakkie is later verlate naby die Eskom-kantore in Tlhabane gevind. Die voertuig is Woensdag in Soweto as gesteel aangemeld.
Die rowers is gesien waar hulle in ‘n minibus sonder nommerplate geklim het, het Ngubane gesê.
Niemand is beseer nie en niemand is in hegtenis geneem nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA