Skietery op kleinhoewe
2009-07-30 11:41
Johannesburg - Twee mans is op hulle kleinhoewe in Elandsfontein tydens 'n rooftog, geskiet, het Pretoria polisie Donderdag gesê.
Volgens kapt. Dumisani Ndlazi het vier rowers op een van die mans toegesak terwyl hy op pad was werk toe. Die ander man het wakker geword en buitentoe gegaan om ondersoek in te stel.
Albei die mans is geskiet en die rowers het toe die huis geplunder voor hulle in een van die slagoffers se motors gevlug het.
Die slagoffers is per helikopter na ‘n hospitaal geneem vir behandeling. “Hulle is albei in ‘n ernstige toestand”, het Ndlazi gesê.
Daar is nog nie vasgestel wat die rowers vanuit die huis gesteel het nie en die motor is later in Kerkstraat, in Pretoria gevind.
Nog niemand is hegtenis geneem nie en die saak word deur polisie ondersoek.
- Sapa