Skietery by kroeg
2009-08-03 10:43
‘n 32-jarige verdagte wat na bewering ‘n man tydens ‘n bakleiery in ‘n kroeg geskiet het sal vandag in die landdroshof in Vaalbank verskyn.
“Die twee mans het Vrydag ‘n argument gehad toe die verdagte ‘n vuurwapen uitgehaal het en die 30-jarige man geskiet het,” het supt. Abie Khoabane, polisiewoordvoerder, gesê.
Die verdagte het probeer vlug maar is deur omstanders vasgetrek en aan die polisie oorhandig. Hy staan nou op aanklagte van poging tot moord.
Die slagoffer sterk steeds in die Kwamhlanga hospitaal aan.
–Sapa