Skieter se kleuter steeds in hospitaal
2012-01-02 14:08
Johannesburg – ‘n Driejarige meisie is steeds in ‘n stabiele toestand in hospitaal nadat haar pa – ‘n polisiebeampte – haar geskiet het, het die polisie in Pretoria gesê.
“Sy is Saterdag gestabiliseer en haar toestand het nog nie verander nie. Sy is steeds in die Netcare Garden City Hospitaal,” het kapt. Pinky Tsinyane Maandag gesê.
Die meisie is die enigste oorlewende nadat haar pa haar ma en drie maande oue broer in West Park doodgeskiet het. Daarna het die polisieman sy eie lewe geneem.
Tsinyane sê die meisie se familielede besoek haar in die hospitaal, maar dit is nog onbekend wanneer sy ontslaan sal word.
Sy sê die motief vir die polisiebeampte se optrede is in dié stadium nog onbekend.
Die saak word ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA