Skiet die Boer-saak dalk buite hof geskik

2011-04-20 09:29
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die haatspraakverhoor van mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, kan moontlik deur middel van gesprekke tussen die betrokke partye buite die hof geskik word.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdag in die gelykheidshof in Johannesburg getuig so ’n debat kan tot almal se voordeel strek.

Regter Colin Lamont het ook gesê dit kan vrugte afwerp.

Malema sal na verwagting môre as getuie geroep word.

Die regsverteenwoordigers van AfriForum en die TLU SA, wat Malema voor die hof gedaag het weens die sing van die woorde “dubula iBhunu” (“skiet die Boer”), het albei aangedui hul kliënte sal bereid wees om met die ANC oor die kwessie in gesprek te tree.

Mantashe, dr. Wally Serote, voormalige uitvoerende hoof van Vryheidspark, en mnr. Derek Hanekom, adjunkminister van wetenskap en tegnologie, het in hul getuienis laat blyk die ANC sal ten gunste van sulke gesprekke wees.

“AfriForum sal dan van die struggle leer en ons sal van hul agtergrond leer. Dan eers sal ons met nasiebou besig wees,” het Mantashe getuig.

Lamont het vroeër gesê dit is beter as die samelewing homself dissiplineer as wat die hof die samelewing dissiplineer.

Volgens adv. Roelof du Plessis SC, vir TLU SA, is een van die moontlike negatiewe punte van sulke gesprekke dat Malema ’n ander manier sal vind om die boodskap van “skiet die Boer” oor te dra.

“Hy (Malema) het al vantevore gesê as hy nie die woorde kan sing nie, sal hy dit neurie en dan sy ondersteuners vra om dit te sing,” het Du Plessis aan die hof gesê.

Mantashe het getuig baie Afrikaners het deesdae “Malema-fobie”.

Adv. Martin Brassey SC, vir AfriForum, het gesê die rede daarvoor is dat Malema so ’n omstrede figuur met bepaalde vasgestelde idees is.

Du Plessis het Mantashe oor die moontlike verband tussen plaasmoorde en die woorde “skiet die Boer” uitgevra.

Mantashe het getuig hy twyfel sterk of daar ’n verband is tussen Malema se sing van die woorde en die moord op Eugène Terre’Blanche, AWB-leier.

Toe die spanning ná die moord hoog geloop het, het die ANC AfriForum uitgenooi om daaroor gesprek te voer, het Mantashe gesê, maar dié uitnodiging is van die hand gewys.

Brassey het gesê sy kliënt weet nie van so ’n uitnodiging nie.

Mantashe het tydens sy kruisondervraging deur Du Plessis gesê Malema is verlede jaar deur die ANC gedissiplineer. Mantashe wou nie sê of dit was omdat hy die woorde “dubula iBhunu” gesing het nie. Hy het wel gesê Malema se uitlatings oor die wegneem van grond by wit mense sonder vergoeding het ’n rol in die tugverhoor gespeel.

“Ons beskerm Malema nie,” het Mantashe getuig.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: julius malema  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.