'Skiet die Boer-lied is nes monument'

2011-04-19 07:43
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Om dieselfde rede dat die Voortrekkermonument deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis moet bly, moet die struggle-liedere, onder meer dié met die woorde “dubula iBhunu” (skiet die Boer) ook deel bly.

Só het dr. Mongane Wally Serote, gewese hoofamptenaar van die Vryheidsparkstigting, Maandag in die gelykheidshof in Johannesburg getuig.

Serote was die tweede getuie vir die ANC-kamp in die haatspraakverhoor van die burgerregtegroepe AfriForum en die TLU SA teen Julius Malema, ANC-jeugliga-leier.

Serote het voorgestel die partye moet gesprekke met mekaar voer oor die gebruik van die lied en die betekenis en konteks daarvan.

Regter Colin Lamont het gesê as dít gebeur, is dit beter as dat die hof moet ingryp.

Hy het gesê as die partye mekaar kan vind en kan leer om hulself te beheer – soos met die verskille destyds oor die nuwe landsvlag – is dit beter as dat die hof die samelewing moet dissiplineer.

Malema is voor die gelyksheidshof gedaag vir die sing van die woorde “dubula iBhunu” by vyf geleenthede verlede jaar.

Serote het getuig as Zoeloe-mense hom nader en vra dat hy help om die Voortrekkermonument te verwyder omdat dit hulle ontstig, sal hy weier omdat dit deel vorm van die geskiedenis.

Net só kan ’n struggle-lied volgens hom nie verbied word nie.

Hy het ook getuig die woord “boer” uit die lied met die woorde “skiet die Boer” verwys glad nie na boere in die letterlike sin nie, maar eerder na verdrukkers, in die besonder lede van die Suid-Afrikaanse weermag tydens apartheid.

Derek Hanekom, adjunkminister van wetenskap en tegnologie, het vroeër die dag getuig dat die woord “boer” vir hom dieselfde betekenis inhou.

Hanekom, wat ook aan die stuur van die ANC se tugkomitee is, het in kruisondervraging deur adv. Roelof du Plessis SC, vir TLU SA, gesê hy besef daar is mense wat deur die lied ontstel is, omdat hulle nie die konteks verstaan nie en dus ’n verband tussen die lied en plaasmoorde sien.

“Die ANC is die vername argitek van die land se Grondwet.

“Ons is nie ondersteuners van geweld nie, maar voorstanders van vrede,” het Hanekom gesê.

Hanekom het net soos Serote voorgestel dat die betrokke partye met mekaar praat.

Du Plessis het Serote uitgevra hoekom dit ’n hoë-profielhofsaak geneem het vir die ANC om te besluit dat gesprekke gevoer moet word.

Hierop het Serote geantwoord dat sover hy weet die ANC nog die heeltyd bereid was om ’n debat oor die kwessie te voer.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het ook Maandag die hofverrigtinge bygewoon.

Hy sal na verwagting vandag as ’n getuie geroep word.

Hy het buite die hof aan die groot groep ANC-ondersteuners gesê struggle-liedere is belangrik weens die rol wat dit in hul vryheid gespeel het.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.