Skermswewer val hom dood naby Porterville

2011-12-17 06:56
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Skermswewer wat glo nagelaat het om die harnas van sy sweefskerm vas te maak, het hom Vrydag by die Winterhoekberge by Porterville doodgeval.

Oleg Tomas (33) van Moldowa is volgens Linda Willemse, woordvoerder van die SA Wynlande Sweefskermkompetisie, op slag dood. Hy was ’n deelnemer aan die kompetisie.

’n Polisiewoordvoerder op Saron, ao. John Christians, het bevestig dat ’n skermswewer tydens die kompetisie gesterf het. Die Sweefskermvereniging en die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Die uitkoms van die ondersoek sal aan die Burgerlike Lugvaartowerheid oorhandig word.

Volgens Anthony Allen, woordvoerder van die Westelike Provinsie Sweefskermvereniging, het Tomas Vrydag kort ná 11:00 van Pampoenfontein, een van twee opstygplekke op die Winterhoekbergreeks, opgestyg. Die ander opstygplek is Dasklip.

Volgens Allen het hy sowat 5 km verder neergestort.

’n Medeskermswewer het aan Die Burger gesê hy het gehoor Tomas se harnas was nie vasgemaak nie en dat hy uit sy sweefskerm geval het.

Willemse, wat nie die skerm­swewer se naam aan Die Burger wou gee nie, het die voorval as baie ongelukkig beskryf. Sy het gesê hy was ’n internasionale skermswewer wat al voorheen aan die Wynland-sweefskermkompetisie deelgeneem het.

Sy het wel gesê daar was nie fout met Tomas se toerusting nie. Sy wil nie oor die oorsaak van die ongeluk bespiegel nie.

Die kompetisie het verlede Sondag begin en maak vandag klaar. Die kompetisie is kort ná die ongeluk vir die dag gestaak.

Volgens die webtuiste xccomps.­net was daar in die kompetisie plek vir 110 skerm­swewers, waarvan 28 plekke vir buitelandse skermswewers gereserveer is. Die skermswewers styg by Pampoenfontein op. Hul eindpunt is Clanwilliam, sowat 84 km verder.

Kevin Tromp van Wildernis-soek-en-redding het gesê ’n skermswewer wat aan die kompetisie deelgeneem en op die berg geval het, moes Woensdag met ’n helikopter van die berg afgehaal word. Dié persoon is volgens hom nie beseer nie.

- Die Burger

Lees meer oor: porterville  |  ongelukke  |  sterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.