Skare woedend by hof

2010-12-07 09:03
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Volksblad

Lindley – Die woede van die skare mense wat gister die terrein van die Lindley-landdroshof verbied is, was gister sigbaar op plakkate waarop hulle hul standpunte onomwonde gestel het.

Een plakkaat is met ’n tuinvurk gehys. Die pleidooi daarop was: “Bring die doodstraf terug.”

Die woede en magteloosheid by die verskyning van die verdagtes weens verlede week se plaasmoord waarin die gesin Potgieter uitgewis is, het ook andersins oorgekook.

’n Plaaslike vrou het agter die polisievangwaens met die vermeende moordenaars ná hul verskyning aangehardloop en geskree: “F*k julle, f*k julle...!”

Steyn van Ronge, AWB-leier, dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye en VF+-leier, nasionale lede van AfriForum-jeug en plaaslike lede van die ANC-vroueliga was van die politieke verteenwoordigers wat hul misnoeë met die wrede moord op die Potgieter-gesin gaan wys het.

Verteenwoordigers van Vrystaat Landbou (VL) was ook teenwoordig.

Die skare is “om veiligheidsredes” die binnekant van die klein Lindley-hofterrein verbied.

Vyf van die ses verdagtes het verskyn.

Hulle is luidens die klagstaat mnre. Tshololo Tello Mischach Letala (18), Tapa Mopontola Mofokeng (23), Paulus Samson Vusimuzi Khumalo (22), Telleko Sex Seekoei (19) en Stemmer Boy Mofokeng (22).

Khumalo en die twee Mofokeng-verdagtes was plaaswerkers op Tweefontein.

Die sesde verdagte, ’n 17-jarige wat na bewering vir die doodskoot op die klein tweejarige Willemien verantwoordelik was, gaan as minderjarige in ’n latere stadium verskyn. Hy doen ook om regshulp aansoek.

Al vyf het gesê hulle gaan om borgtog aansoek doen.

Die staat het gesê hy gaan dit teenstaan.

Al vyf is gevra of hulle regshulp wil hê. Almal het instemmend geantwoord, behalwe een wat sy eie prokureur wil aanstel.

Die verdagtes gaan weer Maandag hier verskyn.

Van Ronge het gister aan Volksblad gesê die AWB veroordeel die “aanslag op blankes” ten sterkste.

“Ons was vandag hier om ons misnoeë te wys en solidariteit met die slagoffers te betoon.”

Mulder het gesê ’n mens het nie woorde om die woede en frustrasie van wat hier gebeur het, te beskryf nie.

“Ek het self ’n tweejarige kleinkind. Hoekom? ’n Mens soek na ’n rede. Daar was tot dusver nog geen veroordeling van die ANC nie, wat as dit andersom (wit op swart) was? Die moord is beslis ras-gemotiveerd.”

Mulder het verder gesê “die liedjies wat die ANC sing, skep ’n klimaat (vir rassemisdaad)”.

“Besef hulle nie, woorde het betekenis.”

Vicus Bürger berig die VL se mnre. Dan Kriek, visepresident, Pinkie Craven, veiligheidsverteenwoordiger in die Thabo Mafutsanyana-distrik, Henk Vermeulen, hoofbestuurder, en Dirk van Rensburg, voorsitter van die komitee vir grondhervorming, was ook by die hof.

Kriek het aan hom gesê dit was in solidariteit met die gemeenskap en ook om simpatie met die familielede te betoon.

“Ons wou ook wys dat ons die regsproses ondersteun.”

Kriek sê hulle was ook verheug om te sien hoeveel lede van die ANC-vroueliga by die hof was.

“Hulle verteenwoordig die ma’s van baie van ons kinders in Suid-Afrika.”

Volgens hom is dit belangrik dat mense wegbeweeg van die rassedebat.

“Misdade soos dié moet deur almal skerp veroordeel word. Dit maak nie saak wie die daad pleeg of teen wie dit gepleeg word nie.”

* Die vermeende moordenaars het op drie aanklagte van moord, een van gewapende roof met verswarende omstandighede en twee klagte van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie verskyn. 

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: plaasmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.