Skare vermoor man vir verkragting
2009-09-12 14:38
Johannesburg - ‘n Man is deur inwoners van die Msobomvu in die Oos-Kaap doodgemaak nadat hy na bewering probeer het om ‘n meisie van dié gemeenskap te verkrag.
Die 22-jarige man is Saterdagoggend deur inwoners aangerand, met kapmesse aangeval en klippe doodgegooi.
Kapt. Lingisile Magama sê die skare het op die man toegesak nadat hulle gesien het hoe hy en ‘n ander man ‘n 17-jarige meisie aangerand en probeer verkrag het.
"Die meisie was op pad huis toe, toe die twee mans haar genader het. Een van hulle het probeer om haar te verkrag maar sy het hulle teengestaan en hulle het haar toe aangerand”, het Magama gesê.
Lede van die gemeenskap het gesien wat besig was om te gebeur en toe een van die mans vasgetrek.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie en polisie is nog opsoek na die ander man. ‘n Saak van moord word ook ondersoek.
- Sapa