Skade van slaggat lei tot moord op man

2012-01-13 08:45
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Pretoriase boer is voor sy vrou en kleinkind doodgeskiet terwyl hy en ’n vriend ’n pap band langs die pad omgeruil het.

Tien dae ná Hans Huyser (50) se moord het die polisie nog nie verklarings geneem van sy vrou, vriende, kleindogter of susterskind wat saam met hom was nie.

Hy, sy vrou, Cindy (48), kleindogter, Jessica (10), en susterskind, Deon Graaff (15), was op 2 Januarie saam met vriende, Danie (53) en Charmaine Niemand (49) by Sun City.

Hulle het die aand teruggery Pretoria toe.

Die Huysers boer by Onderstepoort en die Niemands woon in Petronella.

Op pad het hulle ’n slaggat getref wat albei bande aan die bestuurderskant van die Niemands se Mercedes-Benz laat pap word het.

Mnre. Niemand en Huyser het besluit om eers net een band met die spaarwiel te vervang, stadig aan te ry totdat die pap band nie meer kon nie, dan die spaarwiel en pap band om te ruil en verder met die ander pap band te ry.

Omstreeks middernag moes hulle ’n tweede keer stilhou, op die N4-hoofweg naby Brits, om die spaarwiel en die een pap band om te ruil.

“Ons het onder ’n groot lig stilgehou. Daar was nie ’n mens of ’n motor nie,” het mev. Huyser gesê.

“Intussen het hulle (Huyser se moordenaars) soos hiënas in die gras gesit en wag. Ons sou nooit uitgeklim het as ek gedink het dit was onveilig nie. Ons het in helder lig stilgehou.”

Mnr. Niemand het die voorste band se boute losgedraai terwyl mnr. Huyser die motor opgehys het.

Hul vroue en Jessica het agter by die kattebak koeldrank ingegooi.

Drie mans het oor die versperring langs die pad gespring.

“Toe die mans by ons is, het Hans opgestaan. Een man het sy hand in sy broek gedruk en ’n vuurwapen uitgehaal,” het mnr. Niemand vertel.

“Hy het die vuurwapen op my gerig en die sneller getrek. Ek het weggehardloop. Hy het nog twee skote geskiet.

“Ek het in die pad geval en was ’n paar sekondes bewusteloos. Toe ek bykom, het ek opgespring en drie motors gestop.”

Intussen het die man wat op mnr. Niemand geskiet het terug na mnr. Huyser gegaan, wat hom met die domkrag geslaan het. Hy het mnr. Huyser drie keer in die bolyf geskiet.

Een man het sy broek losgemaak en aan mev. Huyser gesê om in die bos te gaan lê. Sy het hom gevloek en na haar man gehardloop.

Die mans het mnr. Huyser se selfoon en mev. Niemand se handsak in die motor gegryp en weggestap.

“Hans het my met daardie blou oë van hom aangekyk,” het mev. Huyser gesê.

 “Ek het hom help lê en asem in sy mond ingeblaas. Toe die paramedikus op die toneel kom, het sy sy pols gevoel en gesê hy is dood.”

Kapt. Adéle Myburg, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die polisie sal die bewerings ondersoek oor verklarings wat nie geneem is nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: moord  |  slaggate

Lewer kommentaar op hierdie artikel
58 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.