Skade by Eskom-kragstasies beloop miljoene
2011-07-21 17:27
Kaapstad – Die skade wat tydens Mei se staking by die twee Eskom-kragstasies Medupi en Kusile aangerig is, beloop sowat R5 miljoen.
Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, het dit gesê in 'n skriftelike antwoord op 'n vraag in die parlement.
Gigaba sê hulle kon egter nie die koste bepaal wat verband hou met produksieverliese nie. Hy sê die konstruksiemaatskappye, wat deur Eskom gekontrakteer is, moet ingevolge 'n ooreenkoms dié kostes van hulle versekering verhaal.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA