Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Skaatser tref lorrie en sterf

2012-03-20 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Gautengse skaatsplankryer is Maandag dood toe hy op die Franschhoekpas onder ’n aankomende vragmotor ingery het.

Carlito Trancoso (29) van Randburg is op die toneel dood verklaar. Hy en ’n paar vriende was op ’n pretrit.

Trancoso was die naweek in die Kaap om op sy skaatsplank aan die Fair Cape Downhill Challenge deel te neem.

André Visser, woordvoerder van die ER24-ambulansdiens, het gesê Trancoso het ernstige buik-, bors- en kopbeserings opgedoen.

Die voorval het omstreeks 13:50 naby die Carmel-kampeerterrein op die R45 in die Franschhoekpas gebeur.

“Ons paramedici het hom op die grond langs die pad aangetref. Hulle reken hy het sowat 50 km/h gery toe hy die vragmotor getref het. Dit het nie goed gelyk nie.”

Volgens die groep mans wat saam met hom was, het die vragmotor bo-oor Trancoso gery.

Supt. Lizelle Stroebel van die verkeersdepartement op Stellenbosch het gesê Trancoso het in die rigting van Villiersdorp gery en die vragmotor in die rigting van Franschhoek.

“Hy het die aankomende vragmotor getref toe hy om ’n draai gery het.”

Van Trancoso se vriende het aan beamptes van die Franschhoek-polisie gesê hy was nog ’n beginner in dié sportsoort.

Een van hulle het glo voor gery en die groep agter hom gewaarsku dat ’n vragmotor op pad is en dat hulle stadiger moet ry of na ’n ander baan moet oorskuif.

“Hulle het hom seker nie gehoor nie,” het Stroebel gesê.

Trancoso is Maandagaand deur sy oom uitgeken.

Justin Boast, voorsitter van die South African Gravity Racing Association, het gesê hulle reël gereeld afdraande-kompetisies in geslote bane omdat hulle bewus is van die gevare wat met die sport gepaardgaan.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: ongelukke
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Conger Burger sê... Bobby, volgens die NG kerk is die hemel spierwit met net volmaakte afrikaner wit mense waar die man oor die vrou sal heers. Hulle sal wel toegelaat word om vir die "ander" mense goeie dade te doen....solank dit daar ver is. aldus my ex-NG predikant....en dit is wat hulle nou verkondig en pratiseer. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

EE Senior Production Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Financial Manager

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.