Situasie by skole ‘fyn dopgehou’

2010-08-18 07:45
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Johannesburg - Dankie, maar nee dankie.

Staatsdiensvakbonde kan vandag reeds dié boodskap eenparig aan die regering oordra met amptenare wat steeds nie te vinde is vir die jongste “verbeterde” aanbod nie.

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) begin reeds Woensdag landwyd met ’n onbepaalde staking.

Meer as ’n miljoen staatsamptenare moes die laaste paar dae besluit of hulle die staat se aanbod van ’n 7%-salarisverhoging en ’n verhoogde behuisingstoelae van R700 aanvaar.

Vakbonde eis ’n 8,6%-verhoging – twee keer meer as die huidige inflasiekoers – en ’n huissubsidie van R1 000.

Die regering se hoop dat ’n ooreenkoms vandeesweek bereik kan word, het gister soos mis voor die son begin verdwyn.

Ook Nehawu het aangedui sy lede is steeds nie tevrede met die aanbod nie.

Sadou en Nehawu, die twee grootste vakbonde in die staatsdiens, het saam bykans 500 000 lede.

Albei vakbonde wil “so gou moontlik” begin staak.

Sommige onderwysers het al vroeër die week onwettig begin staak in Gauteng en KwaZulu-Natal en ’n groot chaos by skole veroorsaak.

Mugwena Maluleke, Sadou se hoofsekretaris, het gesê dié vakbond se uitvoerende komitee het gister eenparig besluit om vandag met ’n “volskaalse staking” te begin.

Hy het gesê Sadou-lede het die jongste aanbod “heeltemal” verwerp en toon “oorweldigende” steun vir ’n staking.

Maluleke het gesê Sadou het verder onderneem om met die ander staatsdiensvakbonde in die Cosatu-stal en die Onafhanklike Arbeidskoukus (ILC) saam te werk om ’n omvattende aksieplan in werking te kry.

Manie de Clerq, adjunk-hoofbestuurder van die staatsdiensvakbond PSA, het gesê hulle sal einde vandeesweek of eers Maandag al hul lede se stemme getel hê.

Dumisani Nkwamba, woordvoerder van die minister vir die staatsdiens en administrasie, het gesê die regering is hoopvol dat vakbonde gisteraand “amptelik” sou aandui of hulle die jongste aanbod aanvaar.

Vakbondleiers en die regering se onderhandelaars het Dinsdagaand in Centurion in die staatsdiens se koördinerende bedingingsraad vergader.

Die Wes-Kaapse minister van onderwys, mnr. Donald Grant, het aan Marelize Potgieter gesê die situasie by skole sal fyn dopgehou word.

“Ons moedig alle ouers en voogde aan om kinders skool toe te stuur.”

Luidens ’n verklaring van die Wes-Kaapse tak van Sadou word padversperrings op die N1 en N2 beplan waar lede teen ’n slakkepas in ’n konvooi sal ry.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: onderwys  |  stakings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.