Sisulu wil soldate 'amputeer'

2009-09-03 06:38
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp

Kaapstad - Die soldate wat onwettig voor die Uniegebou gestaak het, moet nes “ ’n voet met gangreen” van die weermag “geamputeer word”.

’n Onverbiddelike dr. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en militêre veterane, het gister gesê dit is ’n “pynlike besluit en ’n pynlike operasie” wat uitgevoer móét word om die weermag te red.

“Hulle was sonder toestemming afwesig van die werk, hulle het onwettig gestaak, ’n hofbevel verontagsaam én was gewelddadig. Hoeveel meer redes is nodig om iemand te ontslaan?”

’n Afvaardiging van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het gistermiddag in Kaapstad met die minister vergader in die hoop om die situasie te beredder.

Sisulu het egter agterna op ’n nuuskonferensie by die parlement gesê pres. Jacob Zuma en die kabinet steun die besluit om die “ongedissiplineerde” soldate te ontslaan. “Daar is geen moontlikheid om dit te heroorweeg nie.”

Kennisgewings van voorlopige ontslag is reeds op 1 300 soldate beteken. Hulle moet binne tien dae voorleggings doen oor waar hulle verlede Woensdag was en sal salarisse ontvang totdat die dissiplinêre proses afgehandel is.

Vakbonde het vroeër vandeesweek gedreig om landwyd te staak en die ontslag in die hooggeregshof te beveg. Maar volgens Sisulu se regsadviseur sal die howe die weermag gelyk gee.

Ook oudregter Willem Heath, adviseur van die minister van justisie – mnr. Jeff Radebe – het op die konferensie gesê die land se arbeidswette geld nie vir soldate, polisiebeamptes en verpleegsters nie.

Sisulu het gesê sy is daarteen gekant dat soldate aan vakbonde behoort.

“Ek weet van geen ander land ter wêreld waar dit toegelaat word nie. Soldate se eerste prioriteit is om die Grondwet te gehoorsaam. Om ’n soldaat te wees is ’n roeping.”

Sy het ontken dat daar ná verlede Woensdag se skermutseling ’n vertrouensbreuk tussen die weermag en die polisie is en het vrese dat woedende soldate ’n groter bedreiging sal inhou nadat hulle ontslaan is, afgemaak.

“Die vraag is: is ons veiliger met hulle in die weermag waar hulle toegang het tot al die staat se wapens, of daar buite waar hulle die wapens nie in die hande kan kry nie?”

- Die Burger

Lees meer oor: weermag  |  stakings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.