Simelane-uitspraak het 15 foute, sê Zuma

2011-12-23 08:40
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die vyf appèlregters wat bevind het dat adv. Menzi Simelane uit sy pos as nasionale vervolgingshoof verwyder moet word, het 15 regs- en feitefoute in hul uitspraak gemaak.

Só voer pres. Jacob Zuma aan in hofstukke wat Donderdag by hoofregter Mogoeng Mogoeng in die konstitusionele hof ingedien is.

In dié hofstukke vra Zuma dat die konstitusionele hof moet weier om die appèlhof se bevel te bekragtig.

Ingevolge die Grondwet moet die konstitusionele hof die appèlhof se bevel bekragtig of afkeur voordat dit van krag word, omdat dit ’n handeling van die staatshoof was.

Van die 15 foute wat in die appèlhof gemaak is, sê Zuma, is onder meer dat Zuma se besluit oor Simelane ’n objektiewe oordeel van Zuma geverg het. Zuma sê sy subjektiewe beoordeling was voldoende.

Hy sê ook die appèlhof was verkeerd om te beslis dat die Ginwala-kommissie van ondersoek se kritiek teen Simelane “sy integriteit regstreeks in die gedrang gebring het”.

Die appèlregters se bevinding dat hy (Zuma) homself nie tevrede gestel het nie dat Simelane se aanstelling sal meebring dat die hele vervolgingsgesag daarvan verdink kan word dat die NVG nie sy werk “sonder vrees, begunstiging of vooroordeel” doen nie, is ook foutief, sê Zuma.

Maar Zuma hou tog die agterdeur oop vir ingeval die konstitusionele hof die appèlhof se bevel bekragtig. In só ’n geval moet die hof beslis dat die ongeldigheid van Simelane se aanstelling nie terugwerkend van krag is nie, omdat dit “’n magdom besluite van Simelane sedert sy aanstelling in die gedrang bring”.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma  |  menzi simelane  |  hof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.