Simelane se CV kort syfers, spelvermoë

2011-12-11 10:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Adv. Menzi Simelane kan óf nie spel nie óf hy was só seker pres. Jacob Zuma gaan hom as nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) aanstel dat hy nie ’n snars omgegee het hoe sy CV lyk nie.

Die eerste spelfout verskyn op die dekbrief, waar staan: “Curriculm Vitae” en die volgende ooglopende fout is ’n ongeldige ID-nommer: Die nommer in Simelane se CV het net 10 syfers, pleks van 13.

Zuma is in ’n verknorsing nadat die appèlhof tien dae gelede in ’n eenparige beslissing bevind het Simelane se aanstelling as NDOV in November 2009 is ongrondwetlik en ongeldig.

Hoewel Zuma destyds nie net op Simelane se CV staatgemaak het ter oorweging van sy aanstelling in dié belang­rike pos nie, het regter Mahomed Navsa nogtans in sy uitspraak gesê Simelane se CV was dun om die lyf.
Daar is te veel “onbeantwoorde vrae” oor Simelane se “integriteit en ervaring” en Zuma moes die aanstelling deegliker oorweeg het.

Simelane se CV beslaan skaars vier bladsye. Die inligting oor sy nege jaar in die staatsdiens is yl en verwysings ontbreek. Hy het twee jaar lank as advokaat in Johannesburg gepraktiseer, maar daar is geen verdere besonderhede nie. Hy verwys na sy “qaulification” en op die “annuxure to CV” verskyn nog talle spel- en taalfoute.

Luidens die hofstukke wat die DA by die howe ingedien het as deel van hul aansoek om Simelane se aanstelling nietig te verklaar, sou enige ander voornemende werkgewer iemand met só ’n CV die deur gewys het.
As Zuma die CV behoorlik bestudeer het, sou hy gesien het Simelane is “slordig met die opstel van dokumente”, het mnr. James Selfe van die DA aangevoer.

Simelane het die afgelope week geweier om vrae oor sy “slordige CV” te beantwoord.

Hy wou ook nie kommentaar lewer oor regskenners se oproep dat hy moet bedank, eerder as om op die konstitusionele hof te wag om die appèlhofbeslissing te bekragtig nie.

Die konstitusionele hofrol is tot Mei 2012 vol, maar volgens me. Debbie Schafer, DA-LP en woordvoerder oor justisie, sal die party die hof vra om die saak dringend te hanteer.

Intussen het die Johannesburgse Balieraad die proses aan die gang gesit om ’n interne ondersoek na Simelane se geskiktheid as advokaat te doen.

Adv. Gerrit Pretorius, voorsitter van die Algemene Balieraad, het bevestig die Johannesburgse Balieraad formuleer ’n klagstaat teen Simelane oor sy beweerde onprofessionele gedrag.

Dit hou hoofsaaklik verband met Simelane se getuienis voor die Ginwala-kommissie en die siening dat hy valse getuienis onder eed gegee het.

Simelane weet van die interne ondersoek. Sou die Balieraad bevind Simelane het hom aan ernstige wangedrag skuldig gemaak, kan ’n aansoek in die hooggeregshof gebring word om sy naam van die rol van advokate te skrap.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: menzi simelane  |  jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.