Simelane kon homself nie verdedig, sê Radebe

2009-12-01 06:42
Tweets Share Share line Print

Sarel van der Walt

Pretoria - Adv. Menzi Simelane, die nuwe direkteur van openbare vervolgings (NDOV), het nooit die geleentheid gehad om homself voor die Staatsdienskommissie (SDK) te verdedig nie.

Daarom het hy op regsadvies besluit om nié tugstappe teen Simelane te doen nie. Daar was ook geen betroubare getuienis van enige wangedrag deur Simelane wat só ’n verhoor geregverdig het nie, het Jeff Radebe, minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling, gistermiddag op ’n nuuskonferensie hier gesê.

’n Storm het verlede week om Simelane se kop losgebars nadat pres. Jacob Zuma hom op verrassende wyse as die land se vervolgingsbaas aangestel het.

Simelane was die direkteur-generaal van justisie wat ’n brief aan adv. Vusi Pikoli geskryf het om nie die vorige polisiehoof, mnr. Jackie Selebi, te vervolg nie.

Pikoli, toe hoof van die vervolgingsgesag, het geweier en is later deur oudpres. Thabo Mbeki geskors. Dit het tot die Ginwala-kommissie gelei, voor wie Simelane getuig het. Dr. Frene Ginwala, voorsitter, het sy getuienis beskryf as teenstrydig, onakkuraat, vals, sonder enige gronde en ver van die waarheid verwyder.

Oudpres. Kgalema Motlanthe het die SDK-ondersoek daarna aangevra omdat “daar vrae oor Simelane se eerlikheid” was.

Radebe het gesê terwyl hy die SDK se verslag bestudeer het, het hy besef die SDK het nooit aan Simelane die geleentheid gebied om te reageer op die aantygings wat die Ginwala-kommissie teen hom gemaak het nie. Radebe het gesê hy het Simelane se reaksie oor Ginwala se aantygings aan die SDK voorgelê met ’n versoek dat dié reaksie oorweeg en Simelane se mondelinge getuie­nis aangehoor word. Die SDK het nie aan dié versoek gehoor gegee nie.

- Die Burger

Lees meer oor: menzi simelane

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.