Sigaretsmokkelaars beroof
2011-05-22 21:05
Johannesburg - Drie Zimbabwiese mans is van vier bokse gesmokkelde sigarette beroof in Musina, het die polisie in Limpopo Sondag gesê.
“Drie Zimbabwiese mans het na bewering vier bokse gesmokkelde sigarette in ‘n BMW gehad toe hulle voorgekeer is deur sewe mans, wat in ‘n BMW en ‘n Condor gereis het. Hulle het die gesmokkelde sigarette by die Zimbabwiërs geëis,” het lt. kol. Mohale Ramatseba gesê.
Een van die drie mans, wat ongeveer 30 jaar oud is, is in die heup geskiet en in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem. Die tweede man is aangerand en die derde een het ongedeerd ontsnap.
“Die sewe verdagtes het met die gesmokkelde sigarette gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Ramatseba gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA