Sielkundige: Robbie ís gemolesteer

2009-11-17 17:35
Tweets Share Share line Print

Die Afrikaanse sanger Robbie Klay het skuldig gevoel om oor te praat oor die feit dat Jurie Els hom glo gemolesteer het, het die hof Dinsdag gehoor.

Elsabe Swanepoel, 'n Pretoriase sielkundige, het die getuiebank in Els se verhoor ingeneem.

Els, wat nou in Nieu-Seeland woon, het onskuldig op twee aanklagte van onsedelike aanranding gepleit. Hy het ook onskuldig gepleit op 'n aanklag dat hy Klay uitgelok het om onsedelike dade te pleeg terwyl hy onder die ouderdom van 16 was.

Swanepoel het 'n verslag van 25 bladsye en twee ander verslae oor Klay aan die hof voorgelê.

Sy het dit duidelik gemaak dat sy nie as sy sielkundige opgetree het toe sy hom verlede jaar gesien het nie, maar het gekyk na hoe hy as mens funksioneer en die impak wat die beweerde molestering op hom gehad het.

Swanepoel het aan waarnemende regter Chris Eksteen gesê dit was nie destyds duidelik of Klay 'n klag teen Els aanhangig sou maak nie.

Hy (Klay) het gesê hy oorweeg dit en hulle het vir 'n lang tyd gepraat oor die negatiewe impak wat dit op sy sangloopbaan gaan hê.

Sy het getuig Klay ly aan post traumatiese stres en toon heelwat simptome van 'n volwassene was as kind seksueel gemolesteer is, onder meer depressie, seksuele disfunksie, skuldgevoelens en swak verhoudings met sy portuurgroep.

Swanepoel het ook aan die hof verduidelik hoe Klay se langtermyn-geheue werk. Sy het voorbeelde genoem waar Klay sekere goed assosieer met gebeure soos wanneer hy naskeermiddel ruik wat Els gebruik het, ontstel dit hom.

Swanepoel het gesê Klay was as kind gevlei deur die aandag wat hy van Els gekry het.

"Mnr. Els het baie omgegee vir hom en was baie goedharting teenoor hom. 'n Vriendskap het tussen hulle ontwikkel en hy het opgekyk na Els."

Klay het haar vertel hoe hulle eers die bybel gelees en saam gebid het.

Hy het gesê die seksuele dade tussen hulle het begin ná hulle kaal geswem en Els die pornografie op sy rekenaar vir hom gewys het.

"Hy het my vertel hoe ouer hy geraak het, hoe meer besitlik het Els oor hom geraak," het Swanepeol getuig.

Volgens Klay het hul verhouding aangehou tot hy 17 jaar oud geword het en daarna 'n uitval gehad het oor die motor wat Els hom gekoop het.

Dit is ook in dié tyd wat Els sy vrou, Hestrie Cloete, ontmoet het.

Swanepoel het gesê Klay het haar vertel dat hy nie in finansiële gewin belangstel nie, maar dat hy wou keer dat Els dit aan ander kinders doen.

Die sielkundige sê sy glo Klay vertel die waarheid.

– Sapa

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.