Sieklike man met panga doodgekap

2010-03-06 08:46
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - 'n Sieklike man wat “voetjie vir voetjie geloop” het, is gisteroggend in ’n huisrooftog buite Vanderbijlpark doodgekap, vermoedelik met ’n panga.
Freddie Hunter het sy pa,  Robert Naudé Hunter (68), voor dagbreek dood in ’n plas bloed gevind.

Sowat twee uur later het die polisie drie mans in verband met die moord vasgetrek.

Hunter jr., wat op dieselfde Mullerstuine-hoewe as sy pa woon, maar in ’n ander huis, het omstreeks 05:00 ’n lawaai gehoor en aangeneem dis hul twee troetelvarke, Vaatjie en Biscuit, wat moles maak. “Toe ek buitentoe kyk, loop Vaatjie egter rustig verby die venster en ek het onder meer opgemerk die gevaarligte van my pa se Ford Falcon XR6 flikker.”

Hunter jr. het sy handvuurwapen gaan haal en buite gesien hoe twee mans uit die motor spring en weghardloop.

“Ek het vier skote in die grond geskiet, maar as ek geweet het hulle het my pa vermoor, sou ek geskiet het om dood te skiet.”
Hy het alarm gemaak en sy verskrikte verloofde, Meisie Smith, het die polisie gebel.

Hunter jr., ’n oudpolisieman, is terug na die moordhuis terwyl hulle op hulp gewag het.
“Ek het buite na my pa geroep en aan sy slaapkamervenster geklop.”

Met veiligheidswagte aan sy sy het hy by die huis ingegaan.
“Ek is dadelik na die spaarkamer waar die wapenkluis is en sien toe eerste my pa se bleek voete. Ek het hom dood in ’n groot plas bloed gevind.”
Volgens insp. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, was twee van Hunter sr. se vuurwapens in die Ford, maar ’n derde een is spoorloos. “Ons het ook onder meer ’n televisie en ’n plastieksak met ’n koeldrank- en drankbottel en ’n karton sigarette buite gevind.”

Die moordenaars het vermoedelik by ’n sitkamervenster ingekom nadat hulle ’n veiligheidstralie afgebreek het.

“Ons hond, Popcorn, sou ons beslis gewaarsku het, maar hy is Maandag doodgebyt,” het Hunter jr. gesê.
Sy broer, Kobus, en dié se vrou, Vanessa, asook Martie van Heerden, Smith se dogter, was van die mense wat hulle kort ná die doodstyding na die moordtoneel gehaas het en wou geskok weet: Hoekom het die huisrowers nie maar eerder net die weerlose man vasgebind nie?

“Ek vermoed my pa het aan Parkinson se siekte gely,” het Freddie Hunter gesê. “Hy het voetjie vir voetjie geloop en sou omgeval het as ’n mens liggies aan hom gestamp het.”

Volgens Kobus Hunter was hul pa ’n geliefde oud-ambagsman wat met sy bewende hande motors gerestoureer het.

Sy vrou, Christine (59), is sowat drie jaar gelede weens ’n hartaanval dood.

Volgens Steyn het die Vanderbijlpark- en die Barrage-polisie sowat twee uur ná die moord drie geharde misdadigers in hegtenis geneem.
“Die mans is reeds gesoekte moord- en roofmisdadigers. Hunter se selfoon en juweliersware is teruggevind en ons het beslag gelê op ’n onwettige haelgeweer.”

Freddie Hunter het die polisie geloof vir hul puik optrede.

Die moordwapen en die vermiste vuurwapen is nog nie teruggevind nie.

Die verdagtes verskyn na verwagting Maandag in die Vanderbijlpark-landdroshof.

Beeld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andries sê... Die "probleem "kan/sal nie beskaafd opgelos word nie maar op die Afrika wyse. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.