Sieke skiet gesin

2010-09-25 08:14
Tweets Share Share line Print

Beeld

’n Kempton Parkse man met gevorderde kanker wat sy vrou Vrydag gewond en sy seun doodgeskiet het, is etlike ure later self noodlottig deur lede van die polisie se taakmag gewond.

Susan Engelbrecht (67) kon uit die huis in Oscarstraat, Birchleigh-Noord, ontsnap waar haar man, Johan (60), haar tydens ’n rusie in die nek geskiet het.

Aanvanklik is gemeen hul enigste seun, ook Johan (35), lewe nog en sy pa hou hom in die huis as gyselaar aan.

Volgens ’n familievriend het Johan sr. onlangs gehoor sy beenkanker het na sy brein versprei en sy lewensverwagting is daardeur verkort.

Daar word vermoed dat die siekte en sterk pynstillers moontlik tot sy gedrag gelei het.

Volgens kol. Noxolo Kweza, polisiewoordvoerder, is Susan tydens ’n rusie gewond.

“Die seun het tussenbeide probeer tree en is toe ook geskiet.”

’n Buurvrou en haar man het omstreeks 04:00 van skote wakker geword.

Susan is met twee skietwonde in haar nek op die sypaadjie aangetref. Ambulanse en die polisie is ontbied.

“Sy het net die hele tyd bly vra: ‘Gaan kyk hoe gaan dit met Johantjie’,” het ’n buurvrou vertel.

Susan is in ’n bedenklike toestand per ambulans na die Tembisa-hospitaal geneem.

Gyselaaronderhandelaars en polisiekapelane het Johan sr., glo self ’n oudpolisieman, probeer oorreed om hom oor te gee.

Kweza het gesê Johan sr. het in ’n stadium met sy handwapen buitentoe gestorm. Dit was grond toe gerig.

“Hy het toe net geskree: ‘F****! Gaan net hier weg!’”

Vier taakmaglede het omstreeks 11:00 opgedaag en planne beraam om veilig in die huis te kom.

Twee uur later is die eerste geluide van skokgranate gehoor.

Nog ses skokgranate het afgegaan, toe ’n enkele skoot, toe nog vier en daarna meer as 15 agtermekaar.

Die gebied was toe grafstil.

Volgens Kweza het Johan sr. op die taakmag geskiet en hulle het teruggeskiet. Hy is verskeie kere getref.

Paramedici van Netcare 911 is toe by die huis in om sy lewe te probeer red waar hy op die eetkamervloer gelê het.

“Hy het egter weens die ernstige aard van sy wonde beswyk,” het Chris Botha, woordvoerder van dié nooddiens, gesê.

“Ons het die seun in die huis aangetref,” het Kweza gesê. “Hy was reeds dood.”

Hy het ’n enkele koeëlwond in die bors gehad en het in die gang gelê.

Volgens van die talle familielede, vriende en bure wat op die toneel saamgedrom het, was daar “’n sterk en intieme gesinsband” tussen die egpaar en hul seun.

’n Buurvrou wat die gesin goed ken, het gesê Engelbrecht sr. was ’n vredeliewende mens wat niemand skade sou aandoen nie.

“Hy was ’n baie aangename mens. Dit is baie hartseer wat hier gebeur het. Ons is nie gewoond hieraan nie.”

“Dit is nie ’n gemorsgesin dié nie,” het nog ’n man op die toneel gesê.

“Dis goeie mense wat ’n onderneming (radio-installasies) bedryf het. Iets vreesliks moes verkeerd geloop het. Hulle het nooit huismoles gehad nie.”

Botha het gesê Susan was teen gistermiddag by haar positiewe en in ’n bestendige toestand.

“Sy sterk goed aan.”

Familielede en kapelane het die tyding van haar man en seun se dood in die hospitaal aan haar gaan oordra. 

- Beeld

Lees meer oor: familiemoord  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.