Shilowa vol vertroue oor Cope-leierskap

2010-12-14 09:00
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Ondanks ’n tugverhoor wat oor sy kop hang is Mbhazima Shilowa, onderleier van Cope, vol vertroue oor sy kanse om die leierskap van dié beleërde party vandeesweek oor te neem.

Sy woordvoerder, Sipho Ngwema, het by navraag gesê Shilowa sien uit na die kongres en is “vol selfvertroue” oor die naderende kongres.

Hy en sy teenstander, Mosiuoa Lekota, partyleier, kom môre teen mekaar te staan wanneer die leierskongres van sowat 2200 afgevaardigdes in Pretoria ’n nuwe partyleierskap sal kies.

Philip Dexter, partywoordvoerder, het egter gister gesê dit gaan nie “oor dié of daardie individu nie. Wat belangrik is, is dat dit ’n demokratiese proses is.”

Erge tweespalt heers tans tussen Lekota en Shilowa. Sake is só erg dat ’n senior partylid aan die nasionale werkkomitee (NWK) voorgestel het dat dit in twee afsonderlike dele voortbestaan.

Shilowa se selfversekerdheid kom ondanks ’n bevinding deur Sarah Christie, die onafhanklike voorsitter van sy tugkomitee, dat die tugproses wat die party teen hom begin het, mag voortgaan.

Tugstappe is teen Shilowa geneem nadat ’n forensiese ondersoek na die party se geldsake op verskeie onreëlmatighede gewys het met die gebruik van Cope se parlementêre toelaag.

Shilowa se verhoor het verlede week in die parlement begin, maar is uitgestel omdat hy aangevoer het die besluit om tugstappe teen hom in werking te stel, is nie gemagtig onder Cope se huidige grondwet nie en dat dit dus ongeldig verklaar moet word.

Christie het egter bevind die tugverhoor is wetlik saamgestel en dat die kwessies binne die tug-tribunaal se jurisdiksie val.

Dexter het in ’n verklaring hieroor gesê die nuutste terugslag vir Shilowa is geen verrassing nie. Hy hardloop weg van sy verantwoordelikheid, terwyl hy “alle wetlik saamgestelde ondersoekprosesse vertraag. Die onderleier is op rekord dat hy sy naam wil skoon kry, maar het alles probeer om ’n forensiese ouditproses te vermy.”


Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: mbhazima shilowa  |  cope

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.