Shilowa skop vas ondanks uitspraak

2010-06-08 07:36
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad – Mbhazima Shilowa weier om die strydbyl te begrawe en sê hy is steeds die waarnemende leier van Cope.

Die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het egter eergister beslis Mosiuoa Lekota, Shilowa se teenstander, is die leier van die party.

Volgens regter Rammaka Mathopo se uitspraak is Shilowa verlede naweek by die Cope-konferensie in Centurion ongrondwetlik as waarnemende president aangewys.

Mathopo het in sy uitspraak gesê die haas waarmee Lekota uit sy pos onthef is, is ’n teken van hoe daar op politieke vlak gekonkel is.

Shilowa beoog om teen Mathopo se uitspraak te appelleer en hy het Lekota en sy regspan reeds daaroor ingelig.

Shilowa glo hy is tot en met die afhandeling van die appèlsaak steeds die waarnemende leier van Cope.

Phillip Dexter, Lekota se woordvoerder, glo Shilowa kan nie sê hy is die leier van die party nie, want die hofuitspraak is steeds geldig.

“Dit is skrikwekkend watter min­agting dié man (Shilowa) vir ons howe wys. Shilowa dink die reg is net van toepassing op ander mense maar nie op hom nie.”

Volgens Shilowa is dit nodig om die “verkeerde” hofuitspraak reg te stel.

“Ek gaan nie met enigiemand baklei oor of dit my of jou hoekkantoor (corner office) is nie. Dit is nie my geaardheid nie.”

Shilowa het ook belowe hy sal Lekota nie fisiek uit Cope se hoofkantoor in Braamfontein skop nie.

Hy erken egter die toekoms van die party sal nie in die howe besluit word nie, maar op politieke vlak.

Shilowa meen die appèlsaak is nodig.

Lekota het eergister ná die hofuitspraak gesê Cope sal nie weer “sulke kullery soos onlangs ” in sy geledere duld nie.

Mluleki George, senior ­Cope-LP en Shilowa-ondersteuner, het gister erken “dit is somtyds moeilik om almal se ego’s te akkommodeer”.

Volg Nuus24 opTwitter

- Die Burger

Lees meer oor: mbhazima shilowa  |  cope  |  politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.