Shilowa se huis dalk opgeveil vir regskostes
2011-06-08 16:54
Johannesburg – Mbhazima Shilowa, voormalige leier van Cope, het berigte ontken dat sy huis opgeveil gaan word indien hy nie Mosiuoa Lekota, leier van die party, se regskostes betaal nie.
The Times berig dat Cope 'n balju gestuur het om beslag te lê op Shilowa se huis in Constantia Kloof.
Shilowa skuld Lekota na bewering R72 000.
Dié koste spruit uit 'n regsgeding tussen die twee mans oor die leierskap van die party.
Die Suid-Gautengse hooggeregshof het beslis dat Shilowa nie mag inmeng by Cope-LP's nie en Lekota se regskostes moet betaal.
Sipho Ngwema, Shilowa se woordvoerder, het gesê hy weet niks van die balju se besoek nie.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter
- None