Shilowa se hofbevel oor LP toegestaan
2011-03-29 14:10
Kaapstad – Die Wes-Kaapse hooggeregshof het 'n tussentydse hofbevel aan Mbhazima Shilowa toegestaan, wat die parlement verhoed om Graham McIntosh as parlementslid in Shilowa se plek te beëdig.
McIntosh, 'n lid van Cope se uitvoerende komitee, kon nie verlede week as lid van die Nasionale Vergadering ingehuldig word nie, weens ander verpligtinge.
Shilowa het aangevoer dat McIntosh nie ingehuldig kan word nie, omdat die geskil tussen die twee Cope-faksies steeds in die Suid-Gautengse hooggeregshof hangend is.
Die Speaker se kantoor het tot Donderdag tyd om op die hofbevel te reageer.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter