Shilowa misluk in nuwe poging om Cope te kaap

2010-06-10 08:30
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad. – Mnr. Mbhazima Shilowa se planne om Cope te kaap lê aan skerwe nadat die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg gister wéér gelas het mnr. Mosiuoa Le- kota is die enigste regmatige partyleier.

Regter Rami Mathopo het sy verklarende bevel, wat Sondag gemaak is, gister bekragtig en die Shilowa-groep se aansoek om verlof tot appèl met koste geweier.

Dit beteken Lekota sal Copepresident bly tot ten minste September, wanneer ’n beplande leiersverkiesing gehou word.

Die party het die hof se beslissing gister uit twee monde aanvaar: eers het Shilowa se bondgenoot, mnr. Onkgopotse J.J. Tabane, gesê Cope aanvaar die regter se oordeel, waarna mnr. Phillip Dexter, bondgenoot van Lekota, gesê het: “Demokrasie het geseëvier”.

Lekota het volgens Sapa gesê hy is verlig duidelikheid is verkry en dat Cope-lede aan die werk moet spring om takke te vestig en vir die leiersverkiesing voor te berei.

Hy was ook reeds in gesprek met me. Charlotte Lobe, die party se hoofsekretaris en ’n vurige Lekota-ondersteuner, oor die skedulering van ’n vergadering van die nasionale komitee om oor die pad vorentoe te besin.

Gister se hofbeslissing is die jongste in ’n reeks nederlae vir die Shilowa-groep, wat oënskynlik vasbeslote is om die party oor te neem, en volg op ’n rits regsaksies sedert verlede naweek se kongres in Irene, buite Pretoria. Die besluite wat op dié kongres geneem is, is ook deur die hof tersyde gestel.

Intussen lyk dit of Shilowa hom kan vetsmeer vir tugoptrede binne die party weens die haglike toestande van Cope se parlementêre geldsake, waarvan hy die rekenpligtige beampte is.

Die parlement gaan glo nagenoeg R5 miljoen, wat kwartaalliks aan politieke partye vir kiesafdeling- en koukuswerk uitbetaal word, terughou omdat Cope se finansiële state nie geoudit is nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.