Shilowa gekies as nuwe Cope-leier
2010-12-17 13:12
Pretoria – Mbhazima Shilowa is Vrydag te midde geweld by Cope se verkiesingskonferensie in Pretoria as dié party se nuwe leier verkies.
Mosiuoa Lekota en sy ondersteuners het uit die konferensie gestap, maar honderde ontstoke lede van die ANC-jeugliga het hulle van die gronde verwyder, berig Eyewitness News.
Die polisie is in groot getalle ontplooi by Cope se verkiesingskonferensie in Pretoria, nadat geweld uitgebreek het.
Minstens 13 mense is beseer en nege van hulle is hospitaal toe geneem.
Dit volg nadat spanning sedert Woensdag opgelaai het en honderde afgevaardigdes teen laat Donderdagaand nog nie geregistreer en geakkrediteer is nie.
Cope se woordvoerder, Phillip Dexter, het bevestig dat daar chaos by die konferensie is.
Volgens ooggetuies het Cope se president, Lekota en Shilowa, op die verhoog woorde gehad. Ondersteuners van die twee leiers het blykbaar ook stoele na mekaar geslinger.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter