Shilowa eenparig benoem as Cope-leier
2010-05-29 16:33
Johannesburg - Mbhazima Shilowa, Cope se adjunk-president, is eenparig benoem as die party se leier tydens die party se verkiesingskonferensie in Pretoria.
Ander benoemings sluit Charlotte Lobe as adjunk-president, Mluleki George as tweede adjunk-president en Mvume Dandala as sekretaris-generaal in.
“Ek aanvaar die benoeming,” het Shilowa gesê.
Die ander het ook hul benoemings aanvaar.
Intussen het die hooggeregshof in Johannesburg Saterdag ‘n interdik wat keer dat Cope se verkiesingskonferensie voorgaan, goedgekeur.
Die aansoek vir die interdik is deur Cope se leier, Mosiuoa Lekota, gedoen.
Shilowa het gesê die party sal die interdik respekteer.
Mense hang ook steeds buite die St George's Hotel rond nadat geweld vroeër vandag tydens die konferensie daar uitgebreek het.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.