Shilowa: Lekota soek diktatorskap
2010-10-30 21:26
Johannesburg - Die geskorste adjunkpresident van Cope, Mbhazima Shilowa, het die party se leier, Mosioua Lekota, daarvan beskuldig dat hy die party probeer kaap en dit as ‘n diktatorskap wil bestuur, het die SAUK Saterdag berig.
Shilowa het Saterdag Cope se verkiesingskongres in die Oos-Kaap in Butterworth toegespreek.
Die kongres het besluit om die party se nasionale kongres in Bloemfontein volgende maand te eer.
Dit is ondanks Lekota se dreigemente om enige lid van die party te skors wat nié trou bly aan ‘n besluit om die kongres tot Desember uit te stel nie.
Die uitsaaier het voorts berig die Oos-Kaapse kongres het besluit om ‘n mosie van wantroue in die party se sentrale werkkomitee te plaas.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA