Shilowa: Lekota nie Cope se president
2010-06-08 05:40
Johannesburg – Mbhazima Shilow, Cope se adjunk-president, het Maandag gesê dat hy weier om te aanvaar dat Mosiuoa Lekota dié party se president is.
Lekota het Sondag sy hofstryd in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg gewen, nadat daar beslis is dat hy die president van Cope sal bly.
Hierdie besluit deur regter Rami Mathopo kon nadat Phillip Dexter, kommunikasiehoof, ‘n mosie van wantroue teenoor Lekota ingedien het.
Volgens Shilowa is dié besluit deur die hof “ betreurenswaardig” en sal hy en die party nou regshulp inroep en appèl aanteken.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA