‘Shilowa Express’ skop af

2010-05-09 22:10
Tweets Share Share line Print

Suné Kitshoff en Jan-Jan Joubert

Kaapstad - Mbhazima Shilowa, Cope-adjunk­leier, en die “Shilowa Express” begin Sondag in die Oos-Kaap hul veldtog om hom tot nuwe leier van dié politieke party verkies te kry wanneer daar later in Mei kongres gehou word in Johannesburg.

Die “Shilowa Express” is hoe die jong en gedrewe ondersteuners van die oud-vakbondman bekend staan.

Shilowa het verlede week uit Japan beloof om die veldtog af te skop ten einde eens en vir altyd vir die ewig stryende Cope te wys hy is gereed om die leisels oor te neem, en met mening.

“Ons het lankal beplan om dié wedloop te onderneem,” het ’n bron vanuit die nasionale Cope-kongreskomitee aan Rapport gesê.

Die veldtog is dus nie in reaksie op die beledigings en komplotte van vernietiging verlede week uit die kamp van die huidige Cope-leier, Mosiuoa Le­kota, nie.

Lekota het intussen om verskoning gevra vir die invloed wat sy uitlatings gehad het op die party en die skade wat dit berokken het in die vertroue in die leierskap.

“Maar steeds word e-posse met aanvallende inhoud rondgestuur – ook aan die media.

“Dis mos gemengde boodskappe vir iemand (Lekota) wat hom nou weer be­ywer vir die behoud van die party,” het die bron gesê.

“Maar sy verskoning was nooit vir die behoud van die party nie.

“Dit was eerder om te verhoed dat hy gedissiplineer word deur die party.”

Die bron se opmerking het verwys na e-posse wat steeds onder skuilname deur bekende Lekota-ondersteuners aan die media gestuur word om Shilowa-gesindes te beswadder.

Een van die pyle wat Lekota afgevuur het, was die gekonkel met ledetal-inligting op takvlak.

Die Cope-hoofkantoor in Johannesburg het Vrydag bevestig die ouditproses van takgereedheid is Donderdag afgehandel en by die partyleierskap ingedien.

Die uitslag sal bekend gemaak word sodra die leierskap dit in die volgende week afgeteken het.

Die akkuraatheid van dié inligting sal bepaal wie na die kongres in Johannesburg gaan op 27 Mei.

* Gauteng het die afgelope naweek hul provinsiale kongres by Henley-on-Klip in Vereeniging gehou.

Shilowa is die voorste kandidaat in hierdie provinsie om nasionale party­leier te word.

Die kongres sluit vandag af en Shilowa sal dan vertrek na Mthatha in die Oos-Kaap.

* Op Facebook word die nog onbekende uitkoms van die party se ander oudit – die finansiële oudit deur PricewaterhouseCooper – betwis, ook oor of dit wel ’n geknoeiery van Shilowa was of nie.

Die Lekota-kamp het verlede Sondagoggend gevind hul admini­strasieregte op Facebook is verwyder en vervang met meer Shilowa-gesindes.

Sedertdien het die oor-en-weer-moddergooiery ingrypend toegeneem.

Bronne binne die party het gesê die finansiële oudit moet nog afgehandel word.

Hoe later hoe kwater in Cope

* John Ngcebetsha, ’n vooraanstaande prokureur in Johannesburg en die tussentydse Cope-voorsitter in Gauteng, is by die Gautengse balie aangegee omdat hy na bewering die Cope-grondwet direk uit die ANC-grondwet oorgeskryf het.
Ngcebetsha is vandag buite Vereeniging ’n kandidaat vir amptelike Cope-voorsitter van die provinsie.

Sommige Cope-lede is vies vir die persoon wat die klag ingedien het in ’n “desperate” poging om Lekota te “red”. Ngcebetsha is ’n Shilowa-ondersteuner.

* Cope se parlementêre sweep en geld-ghoeroe, me. Lorraine “Lolo” Mashiane, gaan vermoedelik deur die party se werkkomitee gedissiplineer word vir ’n e-pos dié week waarin sy in gekruide taal die optrede van Mosioua Lekota, partyleier, aanval.

Sy het gesê Lekota is ’n “aap wat in die kop gef**” is.

Partylede het gemeen sy handhaaf dubbele standaarde omdat sy Lekota aanval oor sy aanval op Shilowa.

’n Moontlike skorsing aan die vooraand van die nasionale kongres einde Mei in Johannesburg staar haar ook nou in die gesig.

* Om geskors te word van die party sal nie Mashiane se kanse op ’n leiersposisie in die kongres oor drie weke belemmer nie.

Ndzipho Kalipa, Cope-lid van die Gautengse wetgewer, is drie weke gelede uit die party geskors as gevolg van ontwrigtende gedrag.

Tog kon hy homself beskikbaar stel vir ’n leierskapposisie in die provinsie. Hy het ook sy setel in die wetgewer behou.

Na die partydilemmas die afgelope week, het Kalipa ander Lekota-ondersteuners aangemoedig om ook te staan in die provinsiale verkiesing en sodoende Ngcebetsha en Mbhazima Shilowa teen te staan.

- Rapport

Lees meer oor: politiek  |  cope

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.