Shiceka glo in die hospitaal
2011-05-13 13:44
Johannesburg – Die ministerie van samewerkende regering en tradisionele sake kon nie Vrydag bevestig of minister Sicelo Shiceka in die hospitaal is nie.
"Wat ek weet is dat hy by die huis aansterk. Ons het nie gehoor dat hy in die hospitaal is nie," het Vuyelwa Qinga Vika, sy woordvoerder, gesê.
Nathi Mthethwa, minister van polisie is neem vanaf 24 Februarie "tot verdere kennisgewing" waar in Shiceka se posisie nadat hy tyd afgegee is om "aan te sterk".
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het in 'n regstreekse onderhoud op Twitter gesê: "Minister Shiceka is afsiek. Ons sal nie voortgaan terwyl hy in die hospitaal is nie."
Mantashe het verwys na die ondersoek na Shiceka se beweerde misbruik van staatsfondse.
Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, het gesê: "Al wat ek weet is dat hy siek is... Ek weet nie of hy (Mantashe) in 'n letterlike sin bedoel het Shiceka is in die hospitaal nie."
Mantashe kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Shiceka het ondermeer R640 000 bestee vir hom en ’n handjievol personeel om in die One & Only-hotel in Kaapstad te bly, waarvan R280 000 aan hom alleen bestee is. Hy het ook meer as 160 000 in agt maande bestee om tien familielede, insluitend sy vervreemde vrou en huidige vriendin, rond te vlieg.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA