Sexwale waarsku oor 'mag' van jeugliga

2011-11-14 10:14
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Tokyo Sexwale, minister van huisvesting, het die leierskap van die ANC gewaarsku om die mag en invloed van die afgedankte jeugliga-president, Julius Malema, en sy uitvoerende komitee te onderskat nie.

Sexwale het gesê die voormalige ANC-president Alfred Xuma is uit die kussings gelig omdat hy geweier het om na die jeugliga te luister, het The Times berig.

Xuma was tussen 1940 en 1949 president van die ANC, maar is dié posisie kwyt omdat hy geweier het om die jeugliga se voorstel vir militante aksie te ondersteun. Nelson Mandela was destyds die leier van die jeugliga.

Hy is vervang deur James Moroka wat ure voor sy verkiesing by die party aangesluit het.

Sexwale, wat vir Malema getuig het tydens sy tugverhoor, het op 'n gala-ete in die Oos-Kaap gepraat.

Hy het gewaarsku dat niemand 'n herverkiesing tot 'n posisie in die party verseker is nie.

"Daar is geen permanente posisie in die ANC nie. Jy dien omdat die mense so sê," het Sexwale gewaarsku voor hy gevra het vir kalmte en die jeugliga aangeraai het om nie die ANC te konfronteer oor die skorsing van sy leiers nie.

Sexwale het dié waarskuwing gemaak terwyl Malema en sy uitvoerende komitee planne beraam om die "swaar" skorsings wat verlede week deur die ANC opgelê is, om te keer.

Die ANC se nasionale tugkomitee het verlede week aangekondig dat Malema sy pos as leier van die jeugliga moet ontruim ná hy tot effektief vyf jaar geskors is.

Sexwale het 'n beroep op die jeugliga gedoen om die besluite van die tugkomitee te aanvaar – nes Xuma sy verwydering aanvaar het.

Die jeugliga wil volgens berigte hê Adj.pres. Kgalema Motlanthe moet by Zuma oorneem en Fikile Mbalula, minister van sport, moet Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, vervang.
    
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: julius malema  |  tokyo sexwale  |  ancyl  |  anc  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.