Sexwale: Media grondwetlik beskerm
2010-08-17 10:19
Pretoria – Dit is nog te vroeg vir vrese dat die ANC se moontlike aansoek vir ‘n media-tribunaal die media se vryheid sal muilband of die land na die “donker eeue” van apartheid sal terugstuur, het Tokyo Sexwale, minister van menslike nedersettings, Maandag gesê.
Sexwale het herhaal dat die media se onafhanklikheid "deur die grondwet beskerm word."
Hy het tydens ‘n toespraak in Pretoria die media geprys daarvoor dat hulle korrupsie in die regering blootlê en het bygevoeg dat die ANC nie die land se grondwet kan verander nie, slegs hul eie, wanneer hulle volgende maand bymekaarkom vir hul nasionale algemene raad.
Die voorgestelde tribunaal sal dan bespreek word.
“Die media word grondwetlik beskerm,” het Sexwale gesê.
Lees meer by The Star
Volg Nuus24 op Twitter