Sewejarige kritiek ná motorfietsongeluk
2011-02-13 20:23
Johannesburg - ‘n Sewejarige seun is in ‘n kritieke toestand nadat hy Sondagmiddag beheer verloor het oor die klein motorfiets waarop hy gery het en sy kop teen ‘n sypaadjie in Newlands buite Durban gestamp het.
Die seun het op die John Dory-sportveld met die motorfiets gery toe die ongeluk omstreeks 17:00 gebeur het.
“Die versneller het vasgehaak en die seun het beheer verloor,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Die motorfiets het teen ‘n heuwel op gery en oor ‘n motor gespring. Die seun het sy kop teen ‘n sypaadjie gestamp.
“Hy het ernstige hoofbeserings opgedoen.”
Paramedici het die seun aan ‘n asemhalingstoestel gekoppel. Hy is per helikopter na die St. Augustine-hospitaal geneem.
“Dit was ‘n fratsongeluk,” het Botha gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA