Sewe vas ná rooftog
2010-08-31 21:05
Johannesburg – Sewe mans is in verband met ‘n rooftog Maandag by ‘n meubelwinkel in Vredenburg in hegtenis geneem, het polisie in die Wes-Kaap gesê.
Polisie van die honde-eenheid het hulle Dinsdagoggend om 05:00 op die R27 hoofweg in die rigting van Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle ‘n wenk van sekuriteitswagte ontvang het, het kapt. Thembela Mgudlwa gesê.
Die mans, wat tussen die ouderdomme van 20 en 23 is, is van Philippi en Khayelitsha naby Kaapstad afkomstig.
Hulle is met vyf platskermtelevisies in hul besit gevind.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA