Sewe sterf oor staking

2010-08-20 06:35
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Johannesburg en Port Elizabeth - Minstens sewe pasiënte, onder wie drie babas, is in Gauteng en Mpumalanga in staatshospitale dood sedert honderde stakende hospitaalwerkers Woensdag begin het om dienslewering landwyd te verlam.

Die nasionale staatsdiensstaking het Donderdag aansienlik verskerp en die aanduidings is dat dit verder sal uitbrei en lank sal duur.

Pres. Jacob Zuma het gewaarsku dat stakers die gevaar loop om hul werk te verloor.

Hy het ook gesê dit is onaanvaarbaar dat ingemeng word by amptenare wat wel wil werk.

Twee van die babas is dood in die Natalspruit-hospitaal aan die Oos-Rand nadat hulle ’n hele dag lank nie gevoed is nie.

’n Derde baba is in die dr. J.S. Moroka-kliniek in Mpumalanga doodgebore, glo omdat die ma nie betyds hulp kon kry nie.

By die Tambo Memorial-hospitaal in Boksburg het stakers ’n verpleegster in die middel van ’n operasie uit die teater gesleep, wat dr. Zoltan Risko net met ’n narkotiseur gelaat het.

In die Oos-Kaap het gesondheidsowerhede vinnig gespring om ontwrigting die hals te bied.

Siyanda Manana, direkteur van kommunikasie van die Oos-Kaapse departement van gesondheid, het gesê die polisie het stakers van die perseel by die Dora Nginza-hospitaal verwyder.

“Die polisie is ontbied nadat voorvalle van intimidasie Donderdag plaasgevind het. Die stakers het hierna na Livingstone-hospitaal beweeg, waar die polisie hulle ingewag het,” het Manana gesê.

“Ons het ons waakeenheid na die Provinsiale- en ongevalle na die Livingstone-hospitaal geskuif. Ons werk met ’n skadupersoneelkorps en vra pasiënte om geduldig te wees,” het Manana gesê.

Mev. Kholiswa Tota, provinsiale sekretaris van Denosa, het nie voorvalle van intimidasie ontken nie. “Voorvalle soos dié sal maar plaasvind. Daar was sover ek weet slegs mondelinge (dreigemente) en geen van ons lede in die provinsie het gewelddadig geraak nie.”

Elders in die land moes die polisie bontstaan om oproerige stakers te beheer en die weermag het nood- mediese personeel na nóg drie hospitale in Gauteng en KwaZulu-Natal ontplooi.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: stakings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

penelope.jones.144 sê... Ons sal in die toekoms dalk soos ou mugabe medici in die buiteland moet besoek ..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio 1.4 Expression 5-dr
2006
R 99,999.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX AT Dsl PU MY07
2011
R 299,994.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 180,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.