Sewe sterf in VS-ongeluk
2012-02-09 19:11
Johannesburg – Sewe mense het Donderdag gesterf toe ‘n minibus-taxi teen ‘n motor gebots het op die N8 naby Maseru, het die polisie in die Vrystaat gesê.
Die Toyota Quantum wat 15 passasiers van Ladybrand na Maseru vervoer het, het ‘n ander voertuig verbygevat op ‘n skerp afwaartse pad toe dit reg van voor teen ‘n Mercedes Benz met vier insittendes gebots het, het sers. Martin Xuma gesê.
Die taxi het verskeie kere gerol voor dit aan die brand geslaan het. Vier mense in die taxi het verkool. Drie mense in die Mercedes het gesterf.
Elf mense, insluitende ‘n insittende in die Mercedes Benz en die taxibestuurder, is beseer en na onderskeie hospitale geneem. Brandbestryders moes lewenskake gebruik om twee lyke uit die Mercedes te haal.
‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA