Sewe kinders sterf, 76 beseer ná bus omslaan
2011-09-22 13:07
Polokwane – Ses kinders en 'n volwassene is dood nadat die bus waarin hulle gery het in Siloam naby Thohoyandou omgeslaan het, het die polisie in Limpopo Donderdag gesê.
Die bus het kinders en hul ouers van die Khakhu nedersetting vervoer toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het, het kol. Ronnie van Niekerkgesê.
Vyf kinders en 'n ouer is op die toneel dood. Nóg 'n kind is later in die hospitaal dood.
Van Niekerk het gesê 76 ander mense, insluitend die bestuurder, het beserings opgedoen. Hulle is na die Siloam- en Polokwane-hospitaal geneem.
"Die bus is deur 'n crèche in Khakhu gehuur. Hulle was op pad na Pretoria om ondermeer die dieretuin te besoek," het Van Niekerk gesê.
"Die ondersoek geniet die hoogste prioriteit. Ons sal besluit of die ongeluk weens 'n menslike of meganiese fout veroorsaak is."
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA