Sewe ernstig beseer in ongeluk
2009-11-25 14:30
Johannesburg – Sewe mense is Woensdagoggend ernstig beseer op die Modderfonteinpad naby die Lauriestraat kruising, het Chris Botha van Netcare 911 gesê.
‘n Toyota Quantum het agter in ‘n vyf ton vragmotor vasgery en dit met soveel krag getref dat die vragmotor in nog twee voertuie vasgery het.
Die voorste passasier in die Quantum was vasgekeer en brandweermanne moes hom lossny om hom uit die wrak te red.
Die ander ses insittendes is in die pad gevind met ernstige beserings.
Paramedici het die sewe beseerdes op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ‘n privaat hospitaal in Kempton Park geneem is.
- Netcare 911